Wanneer kan ons met “Kerk” begin?
June 5, 2020
Doen die lewe met dankbaarheid…
June 15, 2020

SPIDER-MAN

Hallo almal,

Soos julle seker al agtergekom het hou ek baie van flieks.

Nog een van die flieks wat ’n groot impak op my lewe gehad het was Spider-Man.  Peter Parker (Spider-Man) is ‘n weeskind wat grootgemaak word deur sy oom Ben en tannie May.  Peter het gesukkel met adolessensie en finansiële kwessies.  Hy word later deur ‘n spinnekop gebyt en kry spinnekoppe-verwante vermoëns en word baie vinnig ‘n hero.

Op ‘n kritieke oomblik in die fliek sê oom Ben vir hom die volgende:  “With great power comes great responsibility”.  Hierdeur wil hy vir Peter net weer herinner dat hy moet onthou waar hy vandaan kom en wie hy is máár nog meer dat hy ‘n verantwoordelikheid het met sy kragte en vermoëns.

Dit het my laat dink aan ’n gelykenis wat Jesus vertel het van die waaksame slaaf.  Lukas skryf in vers 48: “Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”

Vriende, as ons elkeen eerlik is, is ons met baie toevertrou.  As jy een kar en ’n huis het is jy in die top 5% van die rykste mense op aarde.  Maar ons het almal so baie verskonings en justifications, ek ingesluit.  Dit veroorsaak dat ons baie kennis het en groot nood om ons sien maar ons gaan nie oor in aksie nie.  Ons het Sondag met ons “Doen die Lewe” reeks begin en ek het julle uitgedaag om oor te gaan in aksie.  

Ek het julle vir hierdie week uitgedaag om by iets kleins te begin, kom ons fokus die week op die “Street Surfers” die ouens wat jou asblik leegmaak vir recyclable items.  Kom ons bless hulle die week met kos, ou klere of ‘n kombers.  (Gaan luister gerus na my preek en kyk veral die kort video na die preek oor Street Surfers as jy die challenge gemis het.)

Ek gaan Woensdag weer by julle in-check en sal graag teen Vrydag julle stories oor julle “Street Surfers” wil hoor.  Ons sal later verduidelik hoe jy jou storie (refleksie) met ons kan deel.  Hou asseblief ons sosiale media platforms dop. 

Kom ons leef anders met dit wat ons van God ontvang het!  Onthou “With great power comes great responsibility”.

Blessings

JAN SMIT
GEMEENTELEIER
082 491 8255 |  jan@ruimsig.com