Hallo almal!
Ek vertrou dat dit goed gaan met julle almal! Doen die lewe met dankbaarheid… dis ons refleksie en challenge vir hierdie week! As julle my boodskap Sondag gemis het, gaan kyk gerus by https://youtu.be/lEVlIlpwhbo ALTERNATIEF kan jy na die boodskap gaan luister op www.ruimsig.com/preke.
Een van my stokperdjies is fotografie. Nee, ek gee myself glad nie uit as ‘n professionele fotograaf nie, maar ek kan maklik so bietjie verlore raak in die oomblikke agter my kamera. Soos ek hierdie e-pos tik, onthou ek van die vakansie waar ek my boetie in London gaan verras het met ‘n kuiertjie…. Dit was ‘n ongelooflike lekker kuier! Gewapen met my kamera het ons twee die strate van hierdie prentjie mooi stad plat geloop! Ons het gesoek vir die regte angle…die regte perspektief…die perfekte foto… die storie in die foto… Soms het ek so weggevoer geraak deur dit wat ek deur die kameralens beleef het, dat spontane trane oor my wange geloop het. Ek het oorweldig gevoel deur die mooi…die anders… Ek was oorweldig deur dit wat vir die mense wat daar bly, alledaags was! My gevolgtrekking? Dit het gegaan oor die lense waardeur ons kyk…. Ek het deur ‘n lens van avontuur gekyk…’n lens van pret saam met my kleinboet…’n lens van dankbaarheid vir dit wat ek kon beleef….
Hierdie naweek het ek ‘n link gekry van ‘n TED Talk van Dewitt Jones. “Celebrate what ‘s right with the world.” Dewitt is ‘n fotograaf vir National Geographic en praat hier oor die verskillende perspektiewe waarmee ons na spesifieke goed in die lewe kyk! Ek deel graag vandag met julle hierdie link https://youtu.be/gD_1Eh6rqf8.
Mag dit jou help om die waarde raak te sien van ’n ander, nuwe perspektief…. Dalk ‘n perspektief van liefde…’n perspektief van omgee…‘n perspektief van dankbaarheid…
Mag jy ‘n geseënde week beleef en ‘n nuwe, vars perspektief kry op die lewe en jou huidige omstandighede…
Katrina Steyn
JEUGLEIER