Nuwe Generasie
J-Kidz | J-Gen | RealDeal | RealDeal 412 | Young Adults
J-Kidz
Waar kinders groei in God se liefde
3 Maande – Graad 5
By J-Kidz leer kinders om Jesus persoonlik te ken en in Sy liefde te groei in ’n veilige, prettige omgewing vol speletjies, stories en kreatiewe aktiwiteite.
Ons glo geloofsgroei is die sterkste wanneer kerk en gesin saamwerk. Daarom nooi ons ouers om saam hierdie geloofsreis te stap, sodat elke kind met vreugde kan groei in hul verhouding met God.
Veiligheid is vir ons ’n prioriteit. Ons gebruik ’n streng inteken- en uittekenstelsel om te verseker dat elke kind beskerm is en slegs deur die gemagtigde volwassene afgehaal kan word.
Elke groep volg ’n ouderdomgepaste kurrikulum wat deur toegewyde mentors met liefde en entoesiasme aangebied word. Hulle help kinders om God se Woord te ontdek en met geloof, groei en vertroue te leef.
Kontak Berna by berna@ruimsig.com


Wikkelwurms
(9 maande – 2 jaar)
“Klein begin, groot ontdekking!” Met speelse, ouderdomgepaste aktiwiteite word die saad van geloof reeds in klein hartjies geplant.
Dapper Stappers
(3 – 5 jaar)
“Speel en ontdek Jesus se liefde!” Hier leer kinders van God se Woord deur kreatiewe spel, Bybelstories en eenvoudige geloofslesse.
Groei Goggas
(Graad 1 – 2)
“Groei in God en deel Sy liefde!” Kinders ontdek hoe uniek en geliefd hulle in Jesus is, terwyl hulle op prettige en dinamiese maniere uit die Bybel leer.
Dissipels
(Graad 3 – 5)
“Leef, leer en volg Jesus!”
Dissipels word toegerus om Jesus met oorgawe te volg, in geloof te groei en God se Woord met entoesiasme te leef.


J-Gen
Waar pre-tieners in God se liefde groei
Graad 6- en 7-leerlinge
By J-Gen help ons Graad 6- en 7-leerlinge om ’n persoonlike verhouding met Jesus te ontwikkel en hulle geloof op ’n praktiese manier te beleef, alles binne ’n veilige en ondersteunende omgewing. Elke week neem die kinders deel aan relevante lesse wat Bybelse konsepte direk op hulle daaglikse lewe toepas, met die doel om hulle voor te berei vir die uitdagings van hoërskool.
Die lesse word deur toegewyde mentors aangebied wat die kinders met liefde lei, aanmoedig en help om God se Woord op ’n manier te ontdek wat geloof, groei en selfvertroue bevorder.
Ons verstaan hoe belangrik dit is om op hierdie ouderdom vertroue en sterk verhoudings te bou. Daarom fokus ons span daarop om betekenisvolle verhoudings met die kinders te ontwikkel. Gereelde deelname in die groep gee hulle die kans om ’n gevoel van behoort en gemeenskap te ervaar.
REALDEAL
Graad 8 – Graad 12
In Matteus vertel die Bybel die storie waar Jesus aan Sy dissipels vra: “Wie sê die mense is Ek?” Daar is baie antwoorde en ‘n klomp dissipels het gepraat. Toe vra Jesus dit persoonlik: “Maar julle – wie sê julle is Ek?” Net Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die Lewende God.” (Matt. 16:16) Petrus kon hierdie antwoord gee omdat hy ‘n egte (REAL) verhouding met Jesus gehad het.
Waarom is REALDEAL belangrik?
Dit is die plek waar jongmense ‘n besluit maak. Statistiek wys dat 86% van Christene besluit om Jesus te volg voor die ouderdom van 25, en van daardie 86% is 85% onder 18. Daarom is dit ons missie om tieners te bereik met die boodskap van Jesus.
Wanneer kan jy kom?
- Dinsdae: 18:30 – 20:00 (The View)
- Sondae: 09:00 – 10:00 (The Chapel)
Kontak Danie by danie@ruimsig.com




REALDEAL 412
Graad 11 & 12
REALDEAL 412 is ‘n spesiale formasie-kursus vir graad 11 en 12 leerders. Hierdie kursus is gebou op die beginsel van 1 Timoteus 4:12: “Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jong is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges in wat jy leer, hoe jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.”
Die wêreld kan hard en uitdagend wees. Die doel van hierdie kursus is om Christelike waardes as ‘n stewige fondasie in te plant, sodat jou kind wanneer hulle skool voltooi, die wêreld met ‘n sterk verhouding met Jesus kan betree.
Belangrike inligting:
- Kursus duur die hele 3de kwartaal
- Sondae: 16:00 – 18:00
- Begin met ‘n oriëntasie-sessie vir ouers en leerders
- Sluit ‘n 412-kamp in

Young Adults
Ons Jong Volwassenes-bediening is ‘n dinamiese ruimte vir jong werkende mense om te connect, nuwe vriendskappe te bou en geestelik te groei.
Die lewe in die werkswêreld kan uitdagend wees, maar deur die Woord van God en ‘n ondersteunende gemeenskap kan ons groei in die jong mans en vroue wat God bedoel het ons moet wees.
Sluit aan by ons: Woensdae 18:00 by Lexi’s Coffee
Kom ontmoet nuwe mense, verdiep jou kennis van Jesus, of kom net kuier!
Kontak Danie by danie@ruimsig.com
