Ruimsig Gemeente is sedert die vroeë 2000s betrokke by die uitreik aksie in Mosambiek. Ons is deel van ‘n netwerk van kerke wat aan die Mozaic Upliftment Trust behoort wat almal saam werk om die mense in Moz te bedien. Daar is ‘n groot tekort aan water vir die mense, so ons hoof doel met elke uitreik is om te sorg vir water sekuriteit vir die mense. Die sendelinge wat in Moz bly gaan doen navorsing in die verskillende gemeenskappe om te sien wat hulle behoeftes is, hulle bou verhoudings op met die community leaders, en dan as ons kan, gaan help ons dan deur ons uitreik aksie om aan hulle basiese behoeftes te voorsien. Daar word baie klem gelê daarop om die community te help om hulle self op te lig uit hulle omstandighede, so deur die hulp van al die projekte waarmee ons hulle help, kan hulle inkomste begin genereer of ten minste in hulle basiese behoeftes voorsien.
Lees die info stuk wat jou ‘n idee gee wat ons daar doen, hoe dit lyk, wat van jou verwag gaan word ensovoorts. Sien ook die opsomming.
Hierdie jaar se uitreik info: 15 Junie 2024 – 22 Junie 2024
Kontak gerus een van die volgende persone vir meer inligting
Johan van Zyl – 082 855 4186 of johan@nihini.co.za
Ilse van Zyl – 082 416 1594 of ilse@nihini.co.za