J-Kidz (3 maande – Graad 5)
Tydens 09:00 tot 10:00 erediens spasies bied J-Kidz ‘n baba-oppasdiens aan asook ‘n ouderdomsgepaste program vir kinders van 3 jaar – Graad 5 in ‘n veilige area, met ‘n streng intekenstelsel. Dit verseker dat kinders slegs deur die persoon met die ooreenstemmende bandjienommer die kinders kan uitteken en dat die kind met ‘n sekere nommer se ouers onmiddellik in kennis gestel kan word, as daar ‘n probleem is.
J-Gen (Graad 6 & 7)
J-Gen is ’n groep vir Graad 6 en 7 kinders tydens die 09:00 tot 10:00 erediens spasies. Hulle doen elke week ’n relevante les met toepassing van die konsepte in hulle lewens en die fokus hier is om hulle te begin voorberei vir die uitdagings van hoërskool.
Unite360 (Graad 8 – Graad 12)
Hierdie spasie is spesiaal vir die hoërskooljeug en vind plaas op Sondae van 09:00 – 10:00. Alle tieners en hul vriende is welkom! In hierdie groep help ons tieners om met God te connect te midde van die baie gejaagde tyd waarin ons leef.
Daar is ook tydens die derde kwartaal ‘n spesiale spasie vir ons Graad 11 leerders, naamlik Ultimate360. Hierdie nege week kursus berei die jong volwassenes voor om hulle “Belydenis van Geloof” af te kan lê. Dit help hulle om sekerheid te kry oor ‘n paar baie belangrike geloofskwessies en om hulle eie identiteit in Christus te ontdek.