Ruimsig Gemeente glo dat jou maandelikse bydrae ’n saak tussen jou en die Here is. Daarom het ons sedert ons ontstaan nog nooit kollekte tydens ’n diens opgeneem of dankoffers by lidmate se huise gaan kollekteer nie.
Vir persone wat voel dat Ruimsig Gemeente hulle kerklike tuiste is, is daar wel houers by die uitgange waar kollekte en dankoffers in geplaas kan word. Alternatief kan daar van die volgende metodes gebruik gemaak word:
Direkte deposito’s (Bankrekening)
Bank: ABSA
Naam: Ruimsig Gemeente
Rekening nommer: 405 312 8823
Takkode: 630841 (Horison)
SnapScan
Besoek jou selfoon se App Store vir die SnapScan inligting, of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad vir skakels na die Apple Store, Google Play en Blackberry Wêreld platforms. Volg dan die instruksies.
- Laai eers die toepassing (app) af soos hierbo verduidelik.
- Maak die SnapScan app oop en tik op SCAN.
- Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor die unieke Ruimsig Gemeente SnapCode (‘n QR-kode, of vierkantige barcode) vertoon hierbo, om te skandeer. Kyk ook Sondae uit vir die SnapCode by die uitgange en Steunpunt.
- Die app identifiseer Ruimsig Gemeente outomaties en vra jou om die bedrag te verskaf wat jy wil oorbetaal.
- Jy verskaf dan jou unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig en te voltooi.
- Ruimsig Gemeente sal dan ‘n kennisgewing ontvang via SMS en epos dat die betaling gemaak is.
- Die persoon wat die inbetaling doen, bly ook op ons versoek anoniem in die kennisgewings.
SnapScan is beskikbaar vir Apple iPhones, slimfone wat loop op Android-bedryfstelsel-sagteware bv. Samsung en Nokia, asook meeste BlackBerry fone (let daarop dat jy nodig het om BlackBerry World te installeer om na die App winkel toegang te verkry). Ongelukkig word Windows en funksie selfone nie tans ondersteun nie, maar dis oppad.
SnapScan is heeltemal gratis vir gebruikers om af te laai en te gebruik. Netwerkoperateur datakoste is van toepassing, maar die app is minder as 10 MB in grootte, afhangende van die toestel wat jy gebruik. Transaksies gebruik ook baie min data en kos omtrent dieselfde bedrag as ‘n enkele Whatsapp boodskap.
Ja dit is, aangesien jy nie nodig het om enige kaart besonderhede te oorhandig nie. SnapScan hou jou kaartbesonderhede geïnkripteer veilig op jou selfoon en maak gebruik van ‘n app-spesifieke PIN.
SnapScan werk met e-handel gekoppelde MasterCard of Visa kaarte van enige Suid-Afrikaanse bank. Wanneer jy jou kaart besonderhede voeg op die app, toets dit outomaties die kaart en verskaf ‘n fout boodskap as die kaart nie ondersteun is nie.