Drive-trough Nagmaal (6 September)

Jabes se gebed
August 25, 2020
POTHOLES
September 1, 2020

Drive-trough Nagmaal (6 September)

In ons lewensreis is ons almal op pad iewers heen, máár loop ons met ’n bewustheid van Jesus se teenwoordigheid? Of is ons soos die twee volgelinge van Jesus wat op pad terug Emmaus toe is?

Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. Maar hulle het Hom nie herken nie. ’n Rukkie later, toe die aandete klaar was, het hulle by die tafel gaan aansit. Jesus vat toe die brood, sê vir God daarvoor dankie en deel dit aan hulle uit. Toe gaan die twee se oë skielik oop en hulle het Jesus herken.

Ruimsig Gemeente nooi jou om Sondag, 6 September, tussen 09:30 en 10:30 “PADKOS” vir jou lewensreis te kom optel by ons “drive-through” Nagmaal-stasie by Laerskool Muldersdrif. Om die verkeer se vloei te beheer, kom almal van die die hek aan Silverstar Casino se kant in, ontvang hulle “Miracle Meal” Nagmaal houer(s) om by die huis te geniet en ry dan by Hendrik Potgieter se hek uit.

Dit is ons gebed dat, terwyl ons met swaar harte loop, die gebruik van die Nagmaal jou sal help onthou dat Jesus saam met jou stap; dat jou oë sal oopgaan en jy Jesus sal herken.