Verandering en ‘n lewe van “reg doen” gebeur nie slegs deur te sê “Ek wil verander nie.” Ons moet ondersoek wat ons dink (ons stories), hoe ons dit beoefen (geestelike dissiplines) en met wie ons in verhoudings staan (ons sosiale konteks).
Ruimsig Gemeente is baie opgewonde oor ons nuwe reeks “DOEN die lewe” wat Sondag, 7 Junie 2020, afskop. Hierdie reeks gaan jou uitdaag om dit wat jy weet reg is te begin doen en dan na te gaan dink oor wat jy begin gedoen het.