Hallo almal,
Ek is super opgewonde om julle in kennis te stel dat ons vanaf 14 Februarie aanlyn dienste ASOOK fisiese dienste by Laerskool Muldersdrif gaan hê. Die aanlyn worship, diens en J-kidz sal op ons FaceBook page en YouTube kanale beskikbaar wees.
DIE FISIESE DIENSTE by Laerskool Muldersdrif GAAN SOOS VOLG LYK:
- Daar sal ’n erediens om 08:30, 09:30 en 10:30 wees en dieselfde boodskap sal tydens al 3 dienste gegee word.
- Inperking maak voorsiening vir 50 persone per diens.
- Elke persoon gaan moet registreer vir die diens wat hy/sy bywoon.
- Neem kennis dat slegs kinders van 13 en ouer in die erediens geregistreer kan word.
- J-Kidz (kinderbediening) gaan tydens al 3 dienste voorsiening maak vir 50 kinders per diens. Daarom is dit belangrik om jou kinders jonger as 13 te registreer by Jkidz.
- Gaan na www.ruimsig.com/registreer vir HOE om jou en jou kinders se plek te bespreek.
- Ons wil jou vriendelik versoek om ten minste 15 minute voor die diens daar te wees (08:15 vir 08:30, 09:15 vir 09:30 em 10:15 vir 10:30) om die registrasie en inteken proses so spoedig as moontlik af te handel en te verseker dat daar nie ’n bottelnek van mense is wat tussen die dienste in en uit moet kom nie.
- Jou veiligheid en gesondheid is vir ons belangrik, daarom gaan die volgende COVID voorsorgmaatreëls by al die dienste gevolg word:
- Dra van gesigmaskers wat die mond en neus bedek is verpligtend ten alle tye en daar sal dus geen samesang tydens die diens wees nie.
- Hande word ontsmet by ingange en die saal sal skoongemaak word tussen die dienste.
- Sosiale distansie sal gehandhaaf word en daarom sal daar nie koffie na die diens bedien word nie. Persone is welkom om offsite te gaan koffie drink.
- Moenie die diens bywoon as:
- jy of ’n gesinslid positief getoets het nie;
- jy kontak gehad het met iemand wat positief getoets het nie;
- jy of ’n gesinslid siek voel of enige simptome toon nie.
Ons besef dat om jou plek aanlyn te bespreek nuut is en ons wil vra dat almal asseblief geduldig sal wees met die proses wat verduidelik word op ons website (www.ruimsig.com/registreer).
- Onthou om vir elke persoon wat die erediens bywoon te bespreek asook watter byeenkoms julle gaan bywoon.
- Sodra jy deur die proses is, kan jy elke keer die unieke link wat per e-pos aan jou gestuur gaan word gebruik om jou plek te bespreek vir die erediens en J-Kidz sowel as die Woensdag@7 Kleingroep.
- Woensdag@7 Kleingroep is oop van Sondag tot Dinsdag en Erediens besprekings is oop van Woensdag tot Vrydag
Hou asseblief ons Facebook bladsy dop vir die nuutste verwikkelings en help ook met kommunikasie deur die aankondigings te share op sosiale platforms. Maak ook seker dat die Kerkkantoor se WhatsApp nommer (082 889 9730) op jou foon gesave is en as jy nie tans WhatsApp Broadcast van ons ontvang nie, stuur jou naam en nommer vir ons via WhatsApp na 082 889 9730.
As jy enige vrae het of ondersteuning nodig het, kontak my gerus persoonlik: 082 491 8255 | jan@ruimsig.com
Ons is regtig opgewonde om julle Sondag te sien.