Vakature
Ruimsig Gemeente is ‘n egte, gemaklike, relevante gesinsgemeente met ‘n visie om mense te help om in 'n intieme verhouding met God te staan, om 'n invloed op mense rondom hulle te hê en 'n impak in die wêreld te maak. Ruimsig Gemeente is ’n gevestigde, onafhanklike gemeente (behoort aan geen denominasie).
Ruimsig Gemeente volg ‘n gelyke-indiensnemingsbeleid, in pas met die Wet op Gelyke Geleenthede.
Posbenaming:
Shared Services Bestuurder
Die Pos:
Die Shared Services Bestuurder is verantwoordelik vir die sentrale bestuur en samevoeging van alle ondersteunings funksies vir drie organisasies, naamlik Ruimsig Gemeente, Ruimsig Hope Foundation en Ruimsig Convention Center.
Dit sluit in maar is nie beperk tot;
- Die hantering van Statutêre werk, Finansies, Menslike Hulpbronne, Admin bestuur, asook Occupational Health & Safety.
- Bestuur van operasionele personeel in die ondersteunings funksies.
- Toesig oor werkvloei en taak toewysing.
- Verseker dat alle drie organisasies se administratiewe en operasionele behoeftes betyds en professioneel hanteer word.
- Ontwikkel en implementeer doeltreffende stelsels vir administrasie, kommunikasie en dokumentasie.
Ruimsig Gemeente – Pligte:
- Bestuur van alle statutêre en regulatoriesevereistes (SARS, BTW, ens.).
- SARS-korrespondensieen ander statutêre vereistes.
- Opstel en toesig oor begrotings, betalings en finansiële bestuur.
- Oorsig oor alle operasionele stelsels, HR-prosesse en Health & Safety regulasies.
- Samewerking en voorbereiding vir dieOudit.
- Hantering van dieMS Exchange-rekening.
- Opstel vanAGM-kennisgewings en skryf van notules.
- Hantering vanbelastingaanslae.
- Bestuur vanNPO-verslag en regulasies.
- Ontwikkeling, hersiening en standaardisering van beleidsdokumente.
- Opstel vanYTD-verslae.
- Deelname aanfinansiële bedienings vergaderings.
- Opstel en bewaring vandireksie notules en direksie verslae.
Ruimsig Convention Center – Pligte:
- Bestuur van alle statutêre en regulatoriesevereistes (SARS, BTW, ens.).
- Opstel en toesig oor begrotings, betalings en finansiële bestuur.
- Oorsig oor alle operasionele stelsels, HR-prosesse en health & Safety regulasies.
- Algemene administratiewe ondersteuning onder andere met pakkette en kwotasies vir funksies.
Ruimsig Hope Foundation – Pligte:
- Bestuur van alle statutêre en regulatoriese vereistes (SARS, BTW, ens.).
- Opstel en toesig oor begrotings, betalings en finansiële bestuur.
- Uitreiking en rekordhouding van Artikel 18A-skenkingssertifikate.
Minimum Vereistes:
- Graad in Administrasie, Bestuur, Finansies of Menslike Hulpbronne.
- Ervaring in NPO, kerk administrasie of multi-entity bestuur is ’n voordeel.
- Sterk administratiewe, finansiële en kommunikasievaardighede.
- Vaardig in MS Office en sosiale media platforms.
- Boekhouding kennis en ervaring in finansiële administrasie (Pastel tans in gebruik)
- Hoë vlak van diskresie, akkuraatheid en professionaliteit.
- Vermoë om baie take oor verskeie organisasies tegelykertyd te bestuur.
Kern Vaardighede:
- Organisasie en beplanning
- Finansiële geletterdheid
- Kommunikasie (skriftelik en mondeling)
- Probleemoplossing
- IT-aanpasbaarheid
- Fyn aandag aan detail
- Leierskap en mense bestuur
Diensaanvaarding:
So gou as moontlik.
Die vergoedingspakket is gebaseer op kwalifikasies en ondervinding.
Aansoeke:
Rig u aansoek en motivering met volledige CV voor 25 Januarie 2026 aan:
Jan Smit
e-pos: jan@ruimsig.com
Tel: 082 491 8255
Seleksie-Proses:
Paneel onderhoudvoering (Kandidaat moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud op
Dinsdag 27 Januarie 2026)
U belangstelling en aansoek word streng vertroulik hanteer.
